Donderdag 11 Januarie 2018

ONTHOU SE PYN


soms kom hy saggies
sluipend
ongemerk 
nader
soms 'n bliksemstraal
donderend
brekend
vernietigend
my hart die prooi

woorde
gedagtes
onthou-jy's
beelde
wat speel en lag en spot
met my verwonde hart

jou beeld 'n eggo 
in
my 
stukkende
verwonde
siel


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

“Nou sê ek vandag vir julle, moenie by my kom huil as jy jou nek gebreek het nie!"

  “Nou sê ek vandag vir julle, moenie by   my kom huil as jy jou nek gebreek het nie! Jy wil nie weet wat gaan ek met jou aanvang nie!” kom ...