Woensdag 08 November 2023

DIE OUMAN EN EK

foto geleen

Die ouman is stil ... soos in dóódstil! Om die waarheid te sê, hy praat nooit nie.

Nee, nee, dis nie dat hy afsydig of hoogmoedig is nie, dis net dat hy nie praat nie. En tóg weet hy van my ... van jou ... van ons almal. Dit maak nie saak of dit goed of sleg is nie, hy wéét! Maar praat daaroor? Nooit nie!

Hy weet van jonk wees en oud word. Hy het die kennis daarvan en, so glo ek, sou dit graag met onse sterflinge wou deel as ons ook maar net wou luister.

Gisteraand was een van daardie aande. Die ouman was baldadig met die lig wat hy uitgestraal het. Jy het amper die idee gekry dat as hy kon, hy nog helderder sou skyn! Wat ‘n fees was dit nie. Die kinders het in die strate gespeel tot ver verby slapenstyd. Hulle ma’s het nie gekla nie, want hulle het self ook hulle gebrek aan kuier aangevul en ‘n slag lekker met buurvrou gesels sommer so oor die draad. Verliefdes het ver ente langs die strand gaan stap en minnewoorde gefluister. Hy het glimlaggend toegekyk en (ek sweer!) goedkeurend geknipoog in hulle rigting.

Ander aand weer het hy sy wolmus oor sy kop getrek en sedig net gesit waar hy sit. Ons kon hom nie sien nie, maar hy was dáár! Dis nie dat die ou dikbek was nie, hoor. Hy kry maar net soms die gier om kop in te trek. Maar dan ... is ons nie maar almal so nie?

Ek hoor van mense wat dink die ouman is te geheimsinnig na hulle smaak. Hulle redeneer die ou is net ‘n bietjie té privaat. (Dan wil ek mos nou weet wát presies wil hulle van hom weet?) Ek verstaan dit nie heeltemal nie, maar ek hoor hulle voel so effens bedreig deur die ou.

Heheheee! Die ouman? Gevaarlik? Nee man, moet tog nou regtig nie iets probeer soek wat nie bestaan nie. Hy is regtig net ‘n liefdevolle, vriendelike ouman.

Het jy al agtergekom dat die mense immer kla oor die son? As dit te warm is, kerm hulle daaroor en as dit reën en hulle sien nie die son nie, kerm hulle daaroor óók! Son kan net eenvoudig nooit die regte ding doen nie.

Maar kla oor die maan? Nog nooit daarvan gehoor nie! Niemand brom as die maan skyn of nie skyn nie. Kinders kan heelaand in die maanlig speel. Ek kan my verluister aan kinders wat in die maanlig in die straat speel. Dis net of hulle so ‘n bietjie blyer is om te lewe ... so ‘n bietjie meer lief is vir mekaar ... so ‘n bietjie meer tevrede is met alles en almal.

As ek moet, sal ek vir jou boeke vol oor die maan kan skryf. Soos ek sê, net as ek moet. Jy sien, ek is ook baie lief vir maanskynaande, maar om wetenskaplik liries daaroor te raak, is glad nie vir my nie. Ek kan my verluister aan slimpraatjies oor waarom dit nie gaan reën nie en waarom daar nou ‘n storm op see is en waarom so of sus – alles die maan se skuld! Hulle sien die maan as ... as wát? Ek kry nie eens ‘n woord daarvoor nie, man. Vir my is hy net die liewe ouman wat hom totaal en al nie deur ons aardlinge laat ontstel nie.

Daar is so ‘n mooi storietjie van ‘n ou man wat sy hele lewe aan die maan gewy het. Dit was sy werk om die lig wat die maan snags ‘uitgooi’, weer vol te maak. Hy het nooit iewers heen gegaan nie en nooit ‘n dag oorgeslaan nie. Hy was eindeloos getrou in sy selfopgelegde taak.

Tot op ‘n dag toe sy vrou onverwags die huis verlaat! Die ou man het alles net so gelos en die wêreld in duisternis gedompel. Sy veelbewoë reis oor land, lug en see om haar te vind, herinner ons aan die onwrikbare krag van liefde. Die wêreld was in duisternis gehul, ja, maar het jy geweet dat die donkerte nie kan bestaan teen lig nie? Die donkerte moet eenvoudig wyk die oomblik wat daar lig is. Maan verskaf so ‘n lig ... en ek ... en jy ... en wie almal nog rondom ons.

En moet nou net nie begin verlang na geliefdes wat ver woon nie, hoor! Die ouman is baie gou jou partner in crime. Hy treur saam met jou oor jou ver mense. En dink nou net, jy sit buite en staar na die naghemel. Alleen. Soms hartseer. Soms moedverlore. Soms sommer net moedeloos. En iewers anders op aarde is jou geliefde wat ook na die maan lê en kyk.

En weet jy wat? Die ouman gooi sy lig op julle albei ... en weet van julle albei ... In ‘n sekere sin bring hy die twee van julle tóg bymekaar, nie waar nie? Wanneer jy dit eers verstaan, voel jy ook dan nie meer heeltemal so alleen nie.

Dit alles laat my mos nou wonder hoeveel songs in die maanlig hulle oorsprong het. Ek sien die man op die strand sit. Sy hart trek 'n punt na sy geliefde elders anders op die aardbodem. Die kitaar is half doelloos in sy hande. Mettertyd begin hy hier en daar 'n noot tokkel. Aanvanklink net een of twee note, totdat dit alles in plek val en hy sy hart uit sing aan sy geliefde. Met die maan as enigste toehoorder, speel hy sy hart uit. Wanneer hy dan uiteindelik huis toe stap, loop en neurie hy 'n minnelied aan haar wat so ver van hom af is.

Wanneer jy soms so (gewoonlik alleen) na die maan staar, kan ‘n mens nogal vreeslik nietig voel, is dit nie? Jy sien die sterrehemel, jy sien die maan, jy hoor die wind in die bome ... en jy voel klein! Klein en nietig teenoor die geweldige grootheid van die skepping – net ‘n klein stippeltjie! Dit is sulke tyd wat ‘n mens begin twyfel of daar wel íémand is wat weet van jou.

Dit moet nogal lekker wees om Maan te wees. Jy weet dat Maan glad nie lig uitstraal nie, ha? Maar ja, wanneer daar lig op hom val, weerkaats dit tot aan die eindes van die aarde. Moet ons nie ook so wees nie? Al die liefde, al die vrolikheid, al die mooi van die lewe moet ons kan opvang en weerkaats. Dink net wat ‘n plesier hierdie lewe sal wees as ons almal net die mooi en die goed kan terugkaats na wie ook al waar. Sjoe! Die lewe sal soveel makliker wees, dink jy nie ook so nie?

Die maan kan nie asemhaal nie, maar tog kan dit ons asem wegslaan met die skoonheid van daardie koue, dorre bol. Die maan is nét mooi wanneer jou verstand skoonheid soek en wanneer die hart liefdevol is.

Maar! Selfs die maan het ook ‘n donker kant, nie waar nie? So het ek en jy en almal ‘n donker kant wat ons vir niemand wil wys nie. Ek is so gesteld om net my beter kant aan die buitewêreld te wys, dat so ‘n ontbloting van die donker siel nogal traumaties kan wees. Dit kan my dryf om net nóg dieper weg te kruip en die mure rondom my net nóg hoër te bou.

En dan, wanneer jy alleen is en dit is net jy en die ouman, dit is dán wanneer jy begin wonder ...

Is daar ooit nog iemand wat weet van my bestaan? Iemand wat, soos ek, soek na die waarheid en die mooi van die lewe?

Is.

Daar.

Nog.

Iemand.

Wat.

Weet?

En verstaan?

Liewe Maan, sien jý my hartseer raak?!


Stick Figure – "Angels Above Me" 

Run run river, carry me home to the ocean
The river and the road, take me home to the ocean
The friends in my life like stars in the sky, leave the lights on
I'm trying to get back home, the river keeps on flowing to the ocean

The angels above me they sing that they love me, oh Lord
I'm traveling alone so far from home and love
Oh the angels, angels please don't leave
I'm trying to get to her with the love she deserves, Lord, please

I've been playing my guitar laying underneath the stars for you
In the light of the moon I'll be forever singing tunes for you
When the stars are aligned like the colors in your eyes, greens and blues
It's not when or whether, we'll always be together, it's true

And the angels above me they sing that they love me, oh Lord
I'm traveling alone so far from home and love
Oh the angels, angels please don't leave
I'm trying to get to her with the love she deserves, Lord, please

Ooh, ooh
Ooh, ooh

And sometimes I feel like my heart's gonna burst at the seams
And sometimes I think it's just love that we want or we need
And sometimes I feel like I'm living too much in my dreams
And sometimes, oh Lord, let me be
Let me be, oh

Are you feeling like I'm feeling?
Searching for the meaning of it all
I spend all my days trying to make some sense of it all
The ocean and the seas and the windblown trees are changing
And your love for me, is all I need to keep believing

And the angels above me they sing that they love me, oh Lord
I'm traveling alone so far from home and love
Oh the angels, angels please don't leave
I'm trying to get to her with the love she deserves, Lord, please

Oh, please
Don't leave me
Don't leave me








OUJAAR EN SY DINGE

  Die ure Nuwejaar toe stap nou vinnig aan. As Kersfees verby is, is dit asof die hele mensdom en die natuur skielik asem ophou … waarvoor? ...