Dinsdag 16 Januarie 2018

huis toe



huis toe



neem my hand, maak my die hof

ken my woud se geheime taal

kom min my, wyl jy kaalvoet

my by die oggendson kom haal



kom swerf saam tussen die wysheid

van die sewejaartjies,

wat die hart van die aarde

as hul wegkruipplek kies



bemin my siel, verander my koers

terwyl jou eggo teen groen kranse ontspoor

kom syfer deur die vallei

waar ek jou met verlang se ore hoor



kom verander my hoop-maar-pad

kom dra my huis toe op jou rug

waar Mauchsberg se skadu

weet van die liefhê in my binneste,

bring my

terug



©
Simon






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

“Nou sê ek vandag vir julle, moenie by my kom huil as jy jou nek gebreek het nie!"

  “Nou sê ek vandag vir julle, moenie by   my kom huil as jy jou nek gebreek het nie! Jy wil nie weet wat gaan ek met jou aanvang nie!” kom ...