Sondag 16 September 2018

THE VALUE OF MY LIFE - Sean Buranahiran

One day a young boy asked his father, “what is the value of my life?”. Instead of answering, the father told his son, “take this rock and go sell it at the market. If anybody asks the price, raise two fingers and don’t say anything”, instructed the father. The boy then went to the market and a woman asked, “How much is this rock? I want to put it in my garden”. The boy didn’t say anything but raised up his two fingers, and the woman said “2 dollars? I will take it”. The boy went home and told his father, “a woman wants to buy this rock for 2 dollars”. The father then said, “Son, I want you to take this rock to a museum, if anybody wants to buy it, don’t say a word, just put up your two fingers”. The boy then went to the museum and a man showed up wanting to buy the rock, the boy didn’t say a word but put up 2 fingers and the man said “$200? I will take it”. The boy was shocked, went running home and told his father, “A man wants to buy this rock for $200”. His father then said, “Son, the last place I want you to take this rock is to a precious stone store, show it to the owner and don’t say a word, and if he asks the price, just raise up your two fingers”. The son then ran to a precious stone store, he shored the rock to the owner, “Where did you find this stone? it is one of the rarest stones in the world, I must have it! How much would you sell it for?”. The boy put up his two fingers and the man said “I will take it for $200,000”. The boy not knowing what to say, ran home to his father and told him that there’s a man that wants to buy the stone for $200,000, his father then asked, “Son, do you know the value of your life now?”
“It matters where you decide to place yourself”
You see it doesn’t matter where you come from, where you were born, the colour of your skin, or how much money you were born into. It matters where you decide to place yourself, the people you surround yourself with, and how you choose to carry yourself. You may have lived your whole life thinking that you were a $2 stone. You may have lived your whole life surrounded by people that saw your worth for only $2, but everybody has a diamond inside them, and we can choose to surround ourselves with people that see our value and see the diamond inside of us. We can choose to put ourselves in a market or put ourselves in a precious stone store. You can also choose to see the value in other people. You can help other people see the diamond inside of them.
Choose the people you surround yourself with wisely. That can make all the difference in your life.
By Sean Buranahiran


Donderdag 13 September 2018

345 km OP PAD NA 'KAMER VERLAAT'

Ons almal weet van die keer toe Pa en Ma opgedress gesit het, gereed dat die dominee kom vir huisbesoek. Die oomblik wat die dominee lekker sy sit kry in die sitkamer, kom die tweejarige Sussie ingehardloop: “Mamma, ek wil piepie! Mamma...” en die volgende oomblik is dit op die sitkamermat. Ek is seker jy het self ook, iewers in jou lewe, een of ander weergawe daarvan self ervaar.
            Ek wil jou egter nie van Sussie en die sitkamermat vertel nie. Ek wil jou vertel van Suzaan (nie haar regte naam nie), ‘n volwasse dame en haar stryd met ‘kamerverlaat’ oor 345 km heen. Sy en haar manlike kollega, Sam (ook nie sy regte naam nie) is op pad van Grootfontein af Mariental toe.
------------------------------------
            Ons ry voorspoedig en die eerste stop is op Otjiwarongo. Ek gaan gou die nodige draaie loop en koop ‘n lekker koue koeldrank. Ek slurp dit behoorlik op, want dis warm en die pad is uiters eentonig.
            Nader aan Okahandja (178 km verder) begin voel ek dat die koeldrank besig is om sy werk te doen. Gelukkig weet ek dis nog net ‘n paar kilometers, dan sal Sam by die vulstasie stop.
Hy verminder spoed in die dorpsgebied en ek wag angstig dat hy die flikkerlig moet aansit om af te draai, maar nee, hy hou verby. Ag wat, Windhoek is minder as 100 km ver, dis glad nie so erg nie. Ek skuif so ‘n bietjie reg in my sitplek en probeer van die probleempie vergeet.
            Die wat al die pad tussen Okahandja en Windhoek gery het sal besef dat dit nie so eenvoudig is nie. Die verkeer is druk. Die pad laat nie toe dat jy kan verbysteek wanneer en soos jy lus is nie, dus gaan dit maar stadig vandag. Lorries. Groot busse. Stukkende, rokende bakkies. Nog lorries. Stadig – heeltemal te stadig na my sin!
            Ek skuif-skuif in die sitplek om gemakliker te probeer voel. Sam kyk skuinsweg na my. “Iets fout?” vra hy sonder om regtig ‘n antwoord te verwag. Ek skud my kop en probeer om stil te sit. Sam is nie die geselserige soort nie, dus sit ek maar die radio aan vir geselskap.
            Ek begin nou regtig ongemaklik voel. Ek dink ek is in groot moeilikheid, maar ja, Windhoek is mos darem nie aan die einde van die aarde nie.
            Ons stop by die voorstaandiens net buite Windhoek. ‘Agge nee!’ murmureer my hele liggaam. Hulle trek motors af. Wat soek hulle? Moet dit nou juis vandag wees? Alle ander dae ry ‘n mens hier verby sonder dat ‘n enkele geregsdienaar hom verwerdig om gesig te wys. Ek wil in panic mode gaan, maar toe sien ek hulle trek net die bakkies af. Windhoek, hier kom ons!
            Nou begin ek ernstig knyp. Toemaar, dis nog net so twintig minute, dan is ons by ‘n toilet. Knyp! Moenie vir die wolke kyk nie. Knyp net! Ons gaan nou stop. Knyp! Ons gaan by Metro stop, want Sam wil iets daar koop. Ag, dankie tog, ek sien al vir Metro. Nog net ‘n paar minute, dan is ons daar. By die robot lui sy foon. Hy antwoord die oproep en ry verby die laaste toilet in Windhoek.
            Nee, dit kan nie wees nie! Ek glo dit nie. Hoe kan hy dit aan my doen? Hierdie een gaan ek nie oorleef om vir my kinders te vertel nie. Dis nog ‘n hele uur voor ons in Rehoboth is.
Knyp, suster, knyp! Nou begin dit ‘n ernstige saak raak. Jy moet knyp soos nog nooit tevore nie.
Ek kan hom vra om te stop, ek weet. Maar asseblief, sien nou die prentjie soos ek hom sien: Net agter ons ry twee ander kollegas van ons ...
Ons stop. Ek trek als af en hang-sit op die agterste bumper. Die ander twee stop agter ons. Die prentjie wat hulle nou kry is ek met my mooiste pantie op my enkels. Nee, ek kan dit nie doen nie. Ek moet maar knyp, dis al genade.
Of miskien stop hulle nie saam met ons nie, redeneer ek. Miskien ry hulle eenvoudig verby as ons stop. Ja, dalk ry hulle verby. Maar! En dis nou vir hierdie ‘maar’ wat ek toe besluit om nie te vra dat ons stop nie. Ek hoor hoe vra die een na die tyd vir Sam: “En hoekom stop julle toe daar so tussen niks en nêrens?” En Sam antwoord: “Nee jong, toe wil die ou vra mos eers ‘gaan sit’.” Ek kan dit nie toelaat nie. Nee, niemand beskuldig my dat ek wou ‘gaan sit’ in die veld nie.
Opeens is daar beeste in die pad. Sam trap ernstig rem en ons ry stadiger tussen hulle deur. Ek kan my eie twee oë nie glo nie! Daardie koei staan en piepie oop en bloot in die pad. Ek wil ook ‘n koei wees! Asseblief, laat my ‘n koei wees, toe? In die verbygaan kyk ek en Koei mekaar in die oë. Ek kan sweer sy het ‘n vermakerige kyk op haar gesig. Ek haat koeie!
Nog ‘n voorstaandiens. Kan ek dalk hier gaan vra of ek kamer mag verlaat? Maar wat sal hulle van my dink? Ek sien al hoe lag hulle agteraf vir die ouvrou wat wil gaan piepie! Gelukkig trek hulle ons nie af nie en daar gaat ons!
Nog amper 100 km tot in Rehoboth. Sal ek dan nog lewe? Sal ek dit oorleef? Hoe doen ek dit? Ek wil nie weet hoe ver dit nog is nie. Ek wil nie, ek wil nie onthou nie. Ek sal net my tone kriewel ... maar wat as Sam sien ek kriewel my tone? Wat sal hy dink doen ek? Nee, moenie jou tone kriewel nie. Moenie dink nie. Druk jou knieë styf teen mekaar. Nee, netnou sien hy ek doen dit. Moenie jou knieë teen mekaar druk nie. Wag, laat ek ‘n game speel op my foon. Dit sal my aandag aftrek en die pad korter maak. Nee, hierdie blokkies ... nee jinne, hierdie geel blokkie ... dis die kleur van ... nee ek wil dit nie sien nie. Pienk blokkie ... nee, ek wil dit ook nie sien nie! Waaraan dink ek nou? Nee, wag, wag! Nee, kom ek kyk liewer na my whatsapp boodskappe. Hierdie een is ‘n versie oor die see met ‘n mooi prentjie ook nog. Nee, net nie die see nie, asseblief. Hierdie een is ‘n emmer vol water, nee! Wag, wag, wag! Ek kan nie daarna kyk  nie. Sit net af die foon. Ek sit die foon in my handsak en leun terug. Ek wil hom nie sien nie. Tjoklit! Dalk is daar ‘n tjoklit in die handsak ... of kougom? Ja, kougom sal werk. Nee, moenie kou nie. Die slim mense sê as jy kou skei jou liggaam meer vog af. Nee, nie nog water nie...my lyf is al te vol water. Sit regop. Druk jou lyf styf teen die sitplek. Maak die veiligheidsgordel ‘n bietjie losser – die ding klem my soos die kake van ‘n vlymskerp slagyster. Druk met jou kop teen die headrest ... druk lekker styf vas. Hoekom kry ek nou so warm? Ek sal die aircon stel dat die wind direk kop my waai. Hoekom sweet ek nou so? My kopvel is papnat gesweet. My voorkop is papnat. Nee, dis nie my oë wat traan nie, dis ... dis ... nee, dit kan nie wees nie!
Ons is nou nie meer ver van Rehoboth af nie. “Asseblief, stop net by die eerste motorhawe van die dorp,” probeer ek so natuurlik as moontlik vra. “Ja, ja, ek maak so. Ek sal stop.”
Kan die mense hier voor ons nie net ‘n klein bietjie vinniger ry nie? Hulle ry sowaar 110 in ‘n 120 sone. Hoe dom kan ‘n mens dan nou wees? Groot lorrie. Bus.
          Liewe hemel tog, nog ‘n stop by die polisie. Wat wil hulle hê van ons? My tone is in ‘n bondeltjie gekramp. My vingers is grys gedruk. Ek sit my hande onder my boude in. Knypers, julle moet knyp. Julle is oud, maar vandag moet julle knyp soos nog nooit tevore nie.
Daar voor ons is die eerste motorhawe. Ons gaan uiteindelik stop. Nee, daar jaag hy dan nou verby. Nee! Wanneer het hy in ‘n sadis verander? Die wrede, wrede man stop nie soos hy belowe het nie! Ek haat mans ... en ek haat koeie.
By die tweede motorhawe draai hy genadiglik af. Hy ry stadig na die petrolpompe toe, maar onthou toe ewe skielik dat ek nog laas wou kamer verlaat. “Ek laai jou sommer hier voor die toilet af. Is jy okay?”

Ek antwoord hom deur geklemde kake: “Ja. Ek. Is. Okay,” hink ek weg van die motor af.

Dinsdag 11 September 2018

DIE LEWE IS 'N MARATHON

DIE LEWE IS ‘N MARATHON
Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer besef ek dat jy die lewe eintlik maar kan vergelyk met ‘n marathon. Ek wil dit nie te hard noem nie, want jy sien, twee van my kinders is kranige marathon atlete en ‘n mens meng mos nie in waar jy nie hoort nie. Ek meen, wat weet ek nou eintlik van ‘n marathon behalwe dit wat ek lees?

Vat dit nou maar so: ‘n marathon-atleet pak daardie grote aan as ‘n persoonlike uitdaging – ‘n ‘kan-ek-dit-doen’ soort van ding. Is dit nie maar dieselfde met enige ander groot uitdaging wat jy aanpak nie? Dink nou net: Moeder wil self Sussa se trourok maak; Pa wil sy sweismasjien inwy met ‘n hoenderhok vir Ma, of Boeta wil sy eerste draadkar bou.

Ja, ek hoor die hardlopers mor kliphard: Jy word nooit so moeg nie, jy hoef nie te oefen nie, jy dit, jy dat. Ek hoor jou, man! Maar besef jy dat ons wat nie hardloop nie, ook moet ‘oefen’ en vasbyt en wat nog alles. Ons hoef nie ons dieet dop te hou vir weke aaneen nie (gelukkig tog nie!) maar ons het ander dinge wat ons moet, moet, moet doen.

Jy het alles vir die projek bymekaar. Jy het opgelees, nagevors, planne en patrone geteken en die nodige gekoop. Alles is gereed en jou hart klop in jou keel ... dis nou of nooit!
Ja, ja! Ek weet dit gaan moeilik wees, maar is dit regtig nodig om snags te droom oor hoe ek die hele ding verfoes?

Een oggend staan ek op en ek weet: vandag is die dag. Daar is nie meer tyd om uit te stel nie. Ma besef die tyd loop uit, want Sussa trou oor twee weke. Pa hoor gister die eerste besending kuikens kom aan die einde van die maand en Boeta het daardie einste dag ‘n draadkar-resies met sy pelle.

Teen middagtyd kyk jy, hande op die heupe, na jou poging vir die oggend. Jy knik tevrede. Namiddag sms jy jou vriendin en julle gesels ‘trourok’ soos kenners van die kuns. Pa gee vir Oupa raad oor Ouma se skewe hoenderhok.

Jy weet hierdie een moet klaar wees binne twee weke. Een aand sit jy en maak somme – so nooit as te nimmer gaan jy dit haal nie! Hoe kon jy dit ooit aanpak? Het jy jou kop verloor? In plaas van om te gaan slaap, sit en kou jy naels. As jy nou net nie van gister af so gesukkel het met dit of dat nie, sou jy al so ver of so ver gewees het. Okei, jy gaan nie betyds klaar wees nie, maar jy sal hom klaarmaak, kom wat wil! Of sal jy?

Opeens weet jy glad nie of jy enigsins in staat is om aan te gaan nie. Jy is te dom. Jy werk te stadig. Jy dit. Jy dat. Waarom het jy ooit hiermee begin? Hoekom verwag die wêreld van ‘n mens om dinge te doen wat jy nie in staat is om te doen nie? Wie presies dink hulle is jy? Jy is nie eens vaak nie, maar jy gaan slaap – kwaad vir almal rondom jou ... almal wat dink jy het die wysheid in pag. Dis so onregverdig!

Jy staan op en bars in trane uit. Goeie genade, jy is so moeg dat jy nie asem kan haal nie. Jy is te moeg om op te staan ... en daai werk wat wag! Jy sit die sit van ‘n verslae en oorwonne mens...!

En dan strike jy jou tweede asem. Jy begin eers huiwerig, maar opeens lyk alles so maklik en logies. Hoekom het jy ooit getwyfel aan jouself? Vir twee dae werk jy onverpoos. Jy dink nie meer nie, jy doen net. Dit voel of jou kop iewers langs die pad verloor het, maar jy werk en werk en werk. Jy wil nie meer dink nie, eintlik kan jy ook nie meer dink nie, jy doen net wat voor jou is.

En dan! Jy is amper op die einde. Hoe het jy hier gekom? Jy weet nie, maar jy traak ook nie. Jy sien die einde is in sig en dis asof jy nog nooit moeg was nie.

Jy. Maak. Dit. Klaar!

Die trourok hang gestryk op die hanger. Die hoenders is in die hoenderhok. Boeta wen sy eerste resies met sy draadkar. Jou trots ken geen perke nie. Jy voel lus en bel die koerant vir ‘n onderhoud met jou!

Sal jy weer? Ja, vir seker. En ‘n oomblik later: nee, nooit weer nie.


Maar eintlik weet jy dat jy dit weer en weer en weer sal doen.

Sondag 09 September 2018

HOOP JY OF WENS JY?

“Ek hoop jy word gou gesond.”
“Ek hoop tog net die resep is vandag ‘n sukses en die koek val nie weer plat nie.”
“Ek hoop ek sien jou nooit, ooit weer nie!”
“Ek het nie geleer nie, maar ek hoop die vrae is maklik genoeg dat ek ten minste kan slaag.”
“Ek hoop hy val sy alie af as hy weer so deur die strate jaag!”

Hoop! Wat presies is hoop dan nou eintlik? Soveel sinne en soveel verskillende betekenisse, is dit nie?

Een verklaring sê om te hoop is om te "verwag met vertroue" en "'n begeerte met afwagting koester". Nou vra ek jou, hoe kan ek ‘n begeerte dat jy op jou jis moet val met afwagting en/of vertroue koester? Is ons nie dan besig om die ou woordjie heeltemal te konfoes nie? Ek vra maar net, hoor.

Die Bybel sê hoop is om te glo, om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. (Hebreërs 11)

En dan is daar mos my eie vertaling van die ou woordjie! (Dis mos hoe jy my ken – ek moet altyd so ‘n endjie verder gaan as wat almal dink nodig is!)

Ek glo hoop is ‘n lig voor jou, ‘n lig wat jy met berekening en oorleg opstel. Jy besluit doelbewus om die dinge wat agter is, agter te los. Jy fokus op die lig voor jou. Jy stel jouself in. Jy neem, ten spyte van hoe dinge rondom jou lyk, daardie besluit. Dit kom nie vanself nie; dis (soms) harde werk en jy kort (soms) so ‘n bietjie ondersteuning van iemand anders.

Die geheim is, hoe langer jy daarop fokus, hoe helderder brand daardie lig voor jou, hoe makliker is dit om die lig te volg. Dit raak so ‘n werklikheid dat jy (soos die Bybel sê) later oortuig is van die dinge wat jy nie sien nie. Nee, dis nie van drome droom wat ek praat nie, want drome het ‘n manier om skielik weg te wees as jy jou oë oopmaak. Die geheim is: jy sien, jy proe, jy ruik, jy voel, jy hoor, jy beleef dit nou as die werklikheid. Jy stap die pad en jy weet presies waarheen jy op pad is...!

Praat ek nou deur my nek, sê jy?

Ek daag jou uit: Hou op om te sê “Ek hoop ek gaan...” of “Ek wens ek kan...” In die vervolg, gebruik die woorde “Ek gaan...” of “Ek kan...” en dan “Ek sal...!”

Doen dit net! Jy sal sien en weet ek het die reine waarheid hier gepraat.

Saterdag 01 September 2018

VERANDERING

Soms kom jy op ‘n plek in jou lewe en jy besef – hier was ek nog nooit! Hierdie is ‘n eerste. Jy is te midde van ‘n skare mense en niemand tussen die duisende rondom jou kan saam praat nie, want niemand is op hierdie oomblik op daardie spot nie. Jy is dus ... alleen? Nee, ‘alleen’ is die verkeerde woord daarvoor, dit weet jy. As jy omkyk en rondom jou kyk, sien jy al hierdie massas mense, maar terselfdertyd besef jy daar is nie ‘n enkele siel naby nie.

Was jy al daar? Het jy al ooit so gevoel? Nee, moet vir geen oomblik dink ek is in ‘n neerdrukkende bui nie – allermins! Ek is so opgewonde dat ek voel soos ‘n klein hondjie wat sy eie stert jaag. Ek is opgewonde oor wat voorlê, maar nie noodwendig oor die spot waar ek nou staan nie.

Praat ek in sirkels? Ek sal probeer verduidelik.
Jy staan in ‘n luukse restaurant se deur. Voor jou is die pragtige gedekte tafels, elkeen met ‘n eie spyskaart. Ongelukkig mag jy nie deur die tafels loop en elke spyskaart bestudeer nie. Jy mag bloot by die deur staan en van daar af besluit watter tafel (met sy eie, unieke spyskaart) jy gaan kies. Eers wanneer jy reeds sit, mag jy die spyskaart oopmaak en bestudeer. Jy het my nou, dink ek.

So is die lewe ook mos maar, is dit nie? jy staan voor nuwe uitdagings en moet ‘n hele rits besluite neem, maar jy weet nie wat die gevolge gaan wees nie ... wie weet dan nou wat die lewe van môre en oormôre gaan oplewer? Ons weet dit mos glad nie. En ja, ek wil dit regtig ook nie weet nie ... behalwe dat ek nou moet kies watter tafel en watter spyskaart!

Of, as jy wil, kan jy dit sien as ‘n proses om te trek van die een huis na die volgende. Jy het lank genoeg in jou huidige huis gebly. Jy voel so ‘n klein bietjie uitgekuier daar en jy wil trek! Jy oordink die storie en jy besluit dis nou of nooit. Hier moet ‘n ander plan gemaak word. Ongelukkig is daar ‘n kinkel in die kabel: jy mag bloot die huise beoordeel aan hulle deure en dan besluit na watter huis toe wil jy trek. Hoe lyk die huis binnekant? Gaan dit lekker wees om daar te bly? Beslis, maar sê nou maar ...

En dis presies waar ek dan vashaak! Want sê nou maar WAT? They say a change is as good as a holiday en wie het al ooit nee gesê vir ‘n lekker lang vakansie?

Nee, ek het nie op my kop geval nie, hoor. Ek is dood ernstig oor die alles. Ek is uit my nate uit van opgewondenheid oor wat voorlê, maar die klein bietjie onsekerheid is soos ‘n muggie al rondom my. Maar ek weet mos, een klap en die muggie is ‘n dooie kolletjie op die tafel, of teen my wang of waar ookal. Dus, muggie se kind, jy is nie ter sake hier nie.

Intussen pak ek my spreekwoordelike tasse en bokse en als wat gepak moet word vir die groot trek en ek trek my mooiste outfit aan vir die restaurant met sy mooi tafels, want trek gaan daar getrek word en in daardie mooiste keffie sal daar ‘gewine & dine’ word, jy sal sien!



OUJAAR EN SY DINGE

  Die ure Nuwejaar toe stap nou vinnig aan. As Kersfees verby is, is dit asof die hele mensdom en die natuur skielik asem ophou … waarvoor? ...