Dinsdag 18 Julie 2017

SKULDIG!

Ek kyk na die berig oor Dippenaar in die hof. Ek lees nie regtig nie, want ek wil nie alles weet nie.

“Skuldig! Skuldig!” skree ons almal. Jy kan nie verantwoordelik wees vir soveel mense se dood en onskuldig wegstap nie. Is mos so, dan nie?

Nou sien my hart mos weer die saak van die ander hoek af. Iemand is altyd dwars – EK is altyd dwars (dink ek).

Deur al die bravade en grootpraat en baie drink en baklei – wat presies gaan in sy hart aan? Wat dink hy? Wat beleef hy?

Nee, moenie ophou lees nie. Ek is nie besig om niemand te verdedig nie. Ek probeer net voel hoe hy moet voel. Ek wil weet hoe slaap hy snags...as hy slaap. Hoe bly hy aan die asemhaal as almal hom in die hoek vasdruk en geen asem gun nie. Eet hy ooit?

Hy is tog iemand se liefie, iemand se kind, iemand se broer. Hoe lyk hulle harte vanaand? Og, nee, dit maak nie vir my sin nie. My eie hart gaan aan die klop en skop deur net daaraan te dink - wat as hy MYNE was?


7 opmerkings:

  1. Hy ry naweke nog steeds onder die invloed in Swakopmund rond, soek skoor en bakleiery met mense snags op straat, het geen ontsag nie.... wat as die kiddies wat dood is, joune was xxxxx

    AntwoordVee uit
  2. Lees weer mooi, dit is nie waaroor dit gaan nie.

    AntwoordVee uit
  3. Ek weet die gereg moet sy gang gaan. Dis reg en nodig. Maar ja, wat as hy myne was?

    AntwoordVee uit
  4. Dis n teer saak maar ja, dit laat mens dink. Mag die Here die geregs dienaars lei om die regte besluite te neem en geregtigheid laat seevier. Geseende aand...

    AntwoordVee uit
  5. Jy klink en redeneer soos 'n liberaal. Ek stel voor julle skryf watookal stories na die hof se uitslag!

    Marinus

    AntwoordVee uit
  6. Marinus, jy het jou opmerking uitgevee, sien ek. Dit is mos jou opinie oor my. Let us just agree to disagree, ha?

    AntwoordVee uit
  7. Ek het in my situasie ook so baie gedink wat as my eks man my kind was. My seun? Die antwoord wat ek kry is dit maak nie saak wat wie ookal aan jou doen nie jy moet weet dat God hom in sy toestand net so lief het soos Hy vir my is sy miss goody two shoes.

    AntwoordVee uit

OUJAAR EN SY DINGE

  Die ure Nuwejaar toe stap nou vinnig aan. As Kersfees verby is, is dit asof die hele mensdom en die natuur skielik asem ophou … waarvoor? ...