Ek kyk na die berig oor Dippenaar in die hof. Ek lees nie regtig nie, want ek wil nie alles weet nie.
“Skuldig! Skuldig!” skree ons almal. Jy kan nie verantwoordelik wees vir soveel mense se dood en onskuldig wegstap nie. Is mos so, dan nie?
Nou sien my hart mos weer die saak van die ander hoek af. Iemand is altyd dwars – EK is altyd dwars (dink ek).
Deur al die bravade en grootpraat en baie drink en baklei – wat presies gaan in sy hart aan? Wat dink hy? Wat beleef hy?
Nee, moenie ophou lees nie. Ek is nie besig om niemand te verdedig nie. Ek probeer net voel hoe hy moet voel. Ek wil weet hoe slaap hy snags...as hy slaap. Hoe bly hy aan die asemhaal as almal hom in die hoek vasdruk en geen asem gun nie. Eet hy ooit?
Hy is tog iemand se liefie, iemand se kind, iemand se broer. Hoe lyk hulle harte vanaand? Og, nee, dit maak nie vir my sin nie. My eie hart gaan aan die klop en skop deur net daaraan te dink - wat as hy MYNE was?
Hy ry naweke nog steeds onder die invloed in Swakopmund rond, soek skoor en bakleiery met mense snags op straat, het geen ontsag nie.... wat as die kiddies wat dood is, joune was xxxxx
AntwoordVee uitLees weer mooi, dit is nie waaroor dit gaan nie.
AntwoordVee uitEk weet die gereg moet sy gang gaan. Dis reg en nodig. Maar ja, wat as hy myne was?
AntwoordVee uitDis n teer saak maar ja, dit laat mens dink. Mag die Here die geregs dienaars lei om die regte besluite te neem en geregtigheid laat seevier. Geseende aand...
AntwoordVee uitJy klink en redeneer soos 'n liberaal. Ek stel voor julle skryf watookal stories na die hof se uitslag!
AntwoordVee uitMarinus
Marinus, jy het jou opmerking uitgevee, sien ek. Dit is mos jou opinie oor my. Let us just agree to disagree, ha?
AntwoordVee uitEk het in my situasie ook so baie gedink wat as my eks man my kind was. My seun? Die antwoord wat ek kry is dit maak nie saak wat wie ookal aan jou doen nie jy moet weet dat God hom in sy toestand net so lief het soos Hy vir my is sy miss goody two shoes.
AntwoordVee uit