Ek het
dit so pas weereens oorgekom! Waarom, o waarom kan ‘n mens nie maar leer en
klaar leer nie?
Ek is
kwaad. Nee, eintlik is ek nie kwaad nie, man. Ek is dik de moer in. In my
kindertyd sou ons sê my boude sit op my nek. Dit is wanneer jy jou gewip het
vir iemand. Kry jy die prentjie?
Ek het aangeraak/benadeel/verontreg
gevoel. En net daar is ek op my perdjie
en ek maak geen geheim daarvan nie. Ek sê dit nie net vir die skuldige persoon nie,
maar ook sommer vir almal wat wil of nie wil hoor nie.
Ken jy
daardie een? Mos!
En ‘n
halfuur later is alles oor en voel ek sommer weer baie beter. Ek het die
probleem opgelos en gesien dit is toe glad nie so erg nie. Maar hoe nou gemaak
met die een teenoor wie ek so dikbek was? Los ek dit maar net? Vra ek
verskoning? En wat van die persoon teenoor wie ek gekerm en kla het? Die
probleem is eintlik dat ek dit nou glad nie kan regmaak nie, want ekself het
skade aangerig waar dit nie nodig was nie.
Ek het
dit eendag raakgelees – ‘Pos jou brief eers môre’. Met ander woorde, moenie nou
reageer nie, wag tot jy afgekoel het en besluit dan of dit nodig is om te sê
wat jy wil sê.
Nou wonder ek maar net wanneer
presies ek eendag gaan ore kry en luister? Of is ek ook soos die outjie wat,
toe hy nie sy werk reg gedoen het nie, die volgende gesprek gehad het met sy
werkgewer.
Werkgewer: ‘Hoor jy wat ek vir jou sê?’
Werker: ‘Ja, ek hoor.’
Baie later, toe die werk totaal en al verkeerd gedoen is...
Werkgewer: ‘Ek het jou gevra of jy hoor!’
Werker: ‘En ek het gesê dat ek hoor, ek het nooit gesê
dat ek luister nie.’
Dis by die luister dat ek ook veeeeeer tekort skiet (hoop daai laste woorde is reg)
AntwoordVee uit