18 Desember 2017
sy wag donkernag
vir my seer siel om op te daag
sy wag
gesonde ek
ondankbare ek
my suster
jy het gekom
En vandag groet ek jou, my eie suster. Dis hoe jy my genoem het,
my eie suster.
‘n Week terug gesels ons nog. Jy sê
ek moet kom kuier. Ons sal op die stoep sit en gesels. Ons sal baie gesels en
ons sal baie lag. Ons sal kuier en klaar kuier en dan sal ons gaan slaap. Ek
belowe ek sal kom...maar ek het nie.
Dit is jammer, hoor ek jou antwoord. Maar ek
weet vir seker, nou maak dit nie meer vir jou saak nie. Ek weet dat die aardse
dinge nou van nul en gener waarde vir jou is.
En ek dan nou? Ek weet
dat ek hieruit ook maar weereens ‘n les geleer het – doen soos jy moet en doen
dit gou!
Môre mag dit dalk
net te laat wees.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking