Petro
verskuif in haar rolstoel en leun oor die tafel om die kersies op die koek dood
te blaas. Gelukkig het die kinders nie besluit om sewentig kersies op te sit
nie. Kyk, dan moes hulle vandag die brandweer laat kom het! Almal juig en klap
hande toe sy uiteindelik die sewe kersies dood het.
Almal is
nou vuur en vlam om, soos hulle sê, die huis se dak rooi te verf, maar sy is
stil. Sy sit en geniet die manewales van die kleinkinders en gesels so hier en
daar saam.
Sy is
stil. Almal weet dat haar verjaardag nie goeie herinneringe inhou nie, daarom
sukkel hulle nie te veel met haar nie. So gaan dit nou al vir die afgelope
vyftig jaar al. Hierdie dag, haar verjaardag, bly vir haar ‘n seer dag.
Sy
verskoon haarself en gaan kamer toe. Die herinneringe is opeens heeltemal te
veel vir haar. Met ‘n sug gaan sy op die bed sit...
“Hallo!
Is iemand tuis?” bulder Adriaan van die deur af. Hy lyk soos ‘n klein seuntjie
wat so pas sy eerste fiets gekry het.
“Maak toe
jou oë, my blom,” sê hy terwyl hy haar na die naaste stoel toe lei.
“Wat het
jy nou weer aangevang, my man?” wil sy laggend weet.
Onder
groot gelag kry hy haar darem dat sy op die stoel sit met toe oë.
Toe sy
uiteindelik haar oë mag oopmaak, staan hy op sy knieë voor haar met twee
vliegtuigkaartjies Duitsland toe. Oor twee maande gaan hulle Duitsland toe vir
die vakansie waarna hulle albei so baie uitgesien het.
As hulle
maar nooit gegaan het nie. Sy sit en staar in die niet. Hoe anders sou haar
lewe nie gewees het as daardie dag, Dinsdag 30.4.68 nooit aangebreek het nie.
Die
lughawe is ‘n warboel van mense. Dit laat haar dink aan die basaar in hulle
dorp toe sy klein was. Almal lag en gesels en kinders hardloop rond. Van
wanneer af klink dit so op ‘n lughawe, wonder sy by haarself. Maar sy troos
haar daaraan dat almal uitsien na die vlug en daarom maak dit seker nie so baie
saak nie.
Die
passasiers wat van Johannesburg af kom lyk almal nog fris en vars. Dit is mos
net ‘n uur of wat tot in Windhoek. Maar die vlug wat voorlê is ‘n lang vlug,
dit weet sy. Hiervandaan is dit tot in London, dan Luanda en Las Palmas en dan,
uiteindelik! Frankfurt.
Toe hulle
vlug aangekondig word, is sy so opgewonde soos ‘n klein dogtertjie. Dit bly nog
vir haar ‘n droom dat hulle regtig op pad Duitsland toe is. Adriaan ken nie
haar oom en tannie wat daar bly nie, maar sy weet hulle sal goed oor die weg
kom.
“Adriaan,
dankie vir hierdie ontsettende groot verjaardaggeskenk, my man.” Sy leun teen
hom aan toe die vliegtuig opstyg. Vir ‘n oomblik is sy jammer dat hulle so voor
in die vliegtuig sit, maar dan besluit sy dat dit tog ook nie regtig saak maak
nie.
En toe
gebeur dit!
Het hulle
gegil? Sy weet nie. Het iemand ooit besef wat gebeur het voordat dit te laat
was? Sy kan vandag nog altyd nie daarop antwoord nie.
Dit is
nagdonker toe sy tot haar sinne kom. Die pyn in haar liggaam is oorweldigend,
maar sy besef sy moet wegkom van die helse vlamme hier teen haar. Sy probeer
beweeg, maar kan nie. Sy wil om hulp roep, maar kan nie.
Die vuur.
Die pyn. Die vrees.
Adriaan!
Adriaan, hoor jy my? Waar is jy, my lief?
Van ver
af hoor sy sirenes, maar dit voel soos eeue voordat die ligte uiteindelik oor
haar val. Eers sien hulle haar nie. Sy probeer om haar hand op te lig sodat
iemand haar kan raaksien, maar dit is nie fisies moontlik vir haar nie. Die
vlamme. Here, die vlamme gaan my verteer!
Iewers
hoor sy mense praat. Iemand huil verskriklik. Sy weet nie of dit dalk sy is wat
so huil nie. Die donkerte sak genadiglik oor haar toe en sy weet nie toe hulle
haar op die draagbaar sit en na die ambulans toe dra nie.
Drie weke
later kom sy die eerste keer by. Haar ma buk oor haar en vryf oor haar hare.
“Welkom terug, Ma se kind.”
“Mamma.
Adriaan?” kom dit saggies uit haar droë mond.
“Ag, my
kindjie, ek is so jammer. Adriaan het hier op die bed langs jou gelê vir drie
dae. Hy het hard probeer, maar hy kon nie langer uithou nie. Adriaan is weg, my
kindjie.”
Dit is
vyftig jaar gelede, maar voel soos gister. Toe sy en Deon ‘n paar jaar later
getroud is, was Adriaan se ouers die eregaste op die onthaal.
Liewe
Adriaan wat haar so graag Duitsland toe wou gevat het.
South African Airways
Flight 228
From Wikipedia, the free
encyclopedia
Fifty seconds after
take-off, it flew into the ground in flight
configuration at a speed of approximately 271
knots (502 km/h). The four engines, which were the first parts of the
aircraft to derby touch the ground, created four gouges in the soil before the
rest of the aircraft also hit the ground and broke up. Two fires immediately
broke out when fuel in the wings ignited. Although the crash site was only
5,327 metres (17,477 ft) from the end of the runway, emergency services
took 40 minutes to reach the scene because of rugged terrain. Nine passengers
who were seated in the forward section of the fuselage initially survived, but
two died soon after the accident, and another two a few days later, leaving a
final death toll of 123 passengers and crew.
The investigation was
complicated by the fact that the aircraft did not have a flight data
recorder or cockpit
voice recorder; the devices became mandatory from 1 January 1968, but
the airline's inability to procure recorders meant that several SAA aircraft,
including ZS-EUW, did not yet have the equipment fitted. Captain Smith had
4,608 flying hours on the Boeing 707, but only one hour on the new type
344C, which furthermore had been under instruction. The official
investigation concluded that the aircraft and its four engines were in
working order—primary fault lay with the captain and first officer, in that
they "failed to maintain a safe airspeed and altitude and a positive climb
by not observing flight instruments during take-off"; no blame was
attributed to the third pilot, whose responsibility it was to monitor the
radio, and who was unable to monitor the flight instruments from his position
in the cockpit.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking