Ek kyk onlangs na 'n program waarin Chris Barnard, die hartman, genoem word. Dit jaag my toe om te gaan soek na die 'menslike' kant van die groot operasie. Hierdie storie is losweg gegrond op een van die gesinne wat deur so 'n operasie is.
Sy
lê terug en slaak ‘n sug van verligting. Kan dit dan selfs lekker wees om op die harde
doktersbed te lê? Sy is moeg en hierdie paar oomblikke by die dokter is ‘n
welkome ruskansie. Die twee kleintjies hou haar regtig besig by die huis.
Dis so jammer dat Hans nie vandag saam kon kom nie; hy geniet die sonars elke keer net so baie soos sy. Sy is reeds vier-en-twintig weke swanger en moes kom vir ‘n opvolgondersoek.
Dis so jammer dat Hans nie vandag saam kon kom nie; hy geniet die sonars elke keer net so baie soos sy. Sy is reeds vier-en-twintig weke swanger en moes kom vir ‘n opvolgondersoek.
“En
nou, Dokter John?” vra sy toe die dokter ‘n vreemde frons op sy gesig kry. Hy
is besig om te luister na die kleintjie se hartjie, maar nou skarrel hy darem net
te veel rond.
“Marieta,
hier is iets nie reg nie, jong. Ek wil jou nie ontstel nie, maar ons sal moet
kyk hierna.”
Sy
snak hard na haar asem en wil sommer regop kom, maar hy druk haar saggies terug
op die bed. “Kom ons hoor eers wat die slim mense sê voordat ons opgewonde
raak, toe?” is hy weer sy rustige self.
Dit
voel nou vir haar soos eeue terug, want soveel dinge het intussen gebeur van
daardie dag af. Al wat sy vir seker weet, is dat die lewe nooit weer dieselfde
vir enige van hulle sal wees nie.
Hans
moes kom dat hulle saam die ginekoloog kon gaan sien. Die uitslag was nie mooi
nie: Die baba se hartjie het nie goed ontwikkel nie en in kort kom dit daarop
neer dat die linkerkant van die hartjie glad nie ontwikkel het nie.
“Meneer,
Mevrou,” het hy begin, “dit is nie nodig dat julle voortgaan met hierdie
swangerskap nie. Ons kan dit beëindig, daar is genoeg mediese redes voor.”
Hulle
twee was stil; daar was niks om oor te praat nie. Hulle is huis toe om te gaan
nadink en te besluit wat om te doen.
Tog
snaaks dat ‘n mens nooit so iets verwag nie. Aangesien dit baba nommer drie is
en die ander tweetjies sonder probleme gebore is, het nie een van hulle vir ‘n
oomblik gedink dat daar nou ‘n probleem sou kon wees nie. Alles het nog altyd
so goed gegaan! En eintlik was hierdie enetjie boonop glad nie beplan na die
boetie en sussie nie. En nou dit!
Hulle
sit by die kombuistafel – elkeen met sy eie gedagtes besig. Die dokter se
bevinding is so ‘n ontsettende skok vir albei dat woorde nou onmoontlik is. Sy
maak koffie en vir ‘n lang tyd is dit net die geluid van die koffiebekers op
die tafel wat gehoor word. Hy roer sy koffie om en om en om. Hy weet nie eens
dat hy dit doen nie. Om en om gaan die teelepel totdat sy haar hand op sy hand
sit.
Hulle
begin gelyk praat. “Nee, ons kan dit nie doen nie. Aborsie is sonde.”
“Ons
mag nie moord pleeg nie, jy weet dit tog.”
Stilte.
Dis asof hulle by mekaar probeer raad vra, maar nie een het ‘n antwoord vir
hierdie groot gewig wat opeens op hulle kom lê het nie.
Die
nag slaap nie een van die twee nie, maar hulle praat nie met mekaar nie. Hulle
rol rond in die bed en kort-kort sug een kliphard. Sy staan later op en gaan
maak koffie. Hy volg haar kombuis toe. Stilte. Nie een het die moed om te praat
nie. Nie een het die durf om dit uit te spreek wat in hulle gedagtes omgaan
nie. Nee, dit is sonde om moord te pleeg.
Toe
die son opkom kry hy haar buite onder die groot bloekomboom. Sy lyk so
ontsettend breekbaar en hy druk ‘n warm soentjie op haar kop. Sy leun teen hom
aan, te bang om hom in die oë te kyk.
“My
lief, ons moet die baba laat verwyder. Ons durf nie selfsugtig wees nie.
Hierdie ding gaan nie oor ons nie, dit gaan oor ‘n klein lewetjie wat ons in
die wêreld wil bring sonder dat hy vra daarvoor. Dink jou in watter lyding die
ou dingetjie sal moet deurgaan? En hoe lank, dink jy, gaan hy lewe? Is dit
regtig wat ons wil hê?”
Hy
antwoord haar nie, maar dit is dieselfde wat hy ook deur die nag gedink het.
Durf hulle dit aan ‘n klein mensie doen net omdat hulle selfsugtig is? Nee,
hulle moet maar die ou dingetjie laat verwyder, sy is reg.
Maar
nog altyd loop albei met hierdie wroeging oor dit wat hulle beplan. Is dit reg?
Kan hulle hulself regverdig? Sal hulle ooit weer vrede in hulle harte hê as
hulle dit laat doen?
Toe
hulle die dag weer voor die ginekoloog sit, is hulle nie meer seker van hulle
besluit nie. Hulle weet nie meer of hulle dit regtig wil laat doen nie. Die
dokter, ‘n ou gryskop en propvol wysheid, het dit verwag en hy het ‘n paar
voorstelle. Toe hulle uiteindelik by die spreekkamer uitstap, het hulle vrede
met dit wat hulle so pas besluit het. Hulle sal die baba behou, hulle sien kans
vir die toekoms. Daar is wonderlike hartspesialiste en Oudok het reeds die saak
met een bespreek. Hy is gewillig om hulle te help.
‘n
Week later ontmoet hulle die hartspesialis. Hy verseker hulle dat dit niks
nuuts is vir hom nie en dat hy die hartjie tot so ‘n mate kan herstel dat die
baba gemaklik sal kan lewe. Hulle albei voel tevrede toe hulle by die huis kom.
Dankie, liewe Heer, vir wyse mense in ons lewens. Dankie vir hierdie man wat
weet hoe om ons baba te kan help.
Toe
klein Ethan die dag gebore is met ‘n keisersnee, was die datum vir sy eerste
operasie alreeds bepaal. Hy is so bitter klein en die hele ou lyfie, maar veral
sy gesiggie, is so ‘n grysblou kleur. Ai, ons ou babatjie kry baie swaar!
Die
operasie vind ‘n paar dae later plaas en kindjie lyk sommer stukke beter.
Natuurlik is hy baie klein en het geweldig baie aandag nodig, maar op die oog
af lyk dit of die operasie ‘n sukses was. Die dokter probeer aan hulle
verduidelik wat hy gedoen het, maar hulle berus daarby dat, al verstaan hulle
nie al die mediese terme nie, hulle kindjie nou baie beter is.
Ongelukkig
is alles nie altyd soos dit lyk nie, en klein Ethan is glad nie so gesond soos
wat verwag is nie. Sy toestand gaan by die dag agteruit en twee maande later is
hy terug in die intensiewe eenheid. Nou is dinge glad nie meer so lekker nie.
Pa en die twee kleintjies moet noodgedwonge terug huis toe, en Marieta moet ‘n
plekkie huur om naby klein Ethan te kan wees.
Klein
Ethan het ‘n nuwe hartjie nodig. Gou! Die beplande verdere operasies om die
hartjie te herstel sal nie kan plaasvind nie, want hy is te swak. Net ‘n nuwe
hartjie sal hom nou kan red.
Die
dae langs sy bedjie word weke. Dit is net die ventilator en swaar medikasie wat
die ou lyfie nog aan die gang hou. Sy mamma sit hulpeloos langs die bedjie van
dag tot dag. Sy kan niks doen om dit vir hom beter te maak nie. Die lang ure
kry sy om deur met hom te gesels en vir hom liedjies te sing. Soms sit sy en
skryf in ‘n joernaal. Sy teken alles op – sy vordering, haar gevoelens en
belewenis van die situasie, alles skryf sy neer.
Die
personeel in die intensiewe eenheid is lieflik en so hulpvaardig. Daar is baie
wat moet gedoen word, maar nie een maal hoor jy dat een van hulle kla daaroor
nie. Soms dryf hulle simpatieke houding haar tot trane, want waar in die lewe
kry jy soveel onselfsugtigheid soos juis hier in die intensiewe eenheid? Dit
voel kompleet of hulle nooit moeg of moedeloos word nie, want hulle gaan net
aan en aan en aan met goeddoen. Dit is ‘n intense, ewigdurende ritme van
x-strale van die bors soggens, die monitor van vog op die longetjies, die neem
van bloeddruk, medikasie per drup direk na die hartjie toe, voeding deur buise,
ewigdurende monitor en kontrole van elke klein stukkie detail. Hy word baie
gereeld ook omgedraai om bedsere te voorkom. Die roetine hou net aan en aan,
dag en nag, oor en oor dieselfde dinge.
Soms
voel dit vir haar of die lewe buite die hospitaal nie meer bestaan nie. Dit is
net wanneer Hans naweke met die ander tweetjies kom kuier, wat sy voel dat sy
nog iewers anders ook asem kan haal. Die besoeke van die kinders en lieflike
Hans hou haar aan die gang en help haar om, soos sy glo, nie mal te word nie.
Die ergste is wanneer sy saans haar liefiekind moet groet en moet gaan slaap.
Sy mag nie by hom slaap nie, maar dit sou in elk geval ook nie gewerk het nie.
Die roetine hou nooit op in die hospitaal nie en sy sou nie kon slaap nie, al
wou sy ook.
Die
hartspesialis kom gereeld inloer en hy het eindelose geduld met al haar baie
vrae. Hy is nooit te haastig om eers ‘n bietjie met haar buite in die tuin te
gaan sit en gesels nie. Wat ‘n wonderlike mens is dit tog nie, dink sy gereeld.
Hy benadruk gereeld dat sy nie haastig moet raak vir ‘n oorplanting nie, want
dit kan tot vier maande neem om ‘n skenker te kry – ás hulle enigsins gelukkig
is om een te kry.
En
as hulle nie gelukkig is nie? Wat gebeur dan? Sy wil nie so ver dink nie, want dit maak
haar desperaat om te dink dat hulle dalk daardie dag sal bereik wat die ou
lyfie nie meer verder kan aangaan nie. Al wat dus oorbly is om te bid en te
hoop, besef sy. Moet net nie te veel dink nie! herinner sy haarself honderd
maal op ‘n dag.
So
kom sy te wete dat baie klein babatjies, soos hulle ou kleintjie, se bloedgroep
nie noodwendig ‘n rol speel by ‘n hartoorplanting nie. Hulle immuunsisteem is
nog nie ten volle ontwikkel nie en daarom pas die liggaampie gou genoeg aan. Wat
wel saak maak, is die grootte van die hartjie. En dan, die ergste van alles om
aan te hoor, is die feit dat daardie skenkertjie moet breindood verklaar word
binne-in die hospitaal. As daardie moontlike skenkertjie buite die hospitaal
sou sterf, soos in ‘n motorongeluk, sal die hartjie onbruikbaar wees vir
oorplanting.
Die
hospitaalsielkundige kom haar ook besoek. Hulle bespreek die gevolge van so ‘n
operasie en die verantwoordelikhede wat daarmee saam gaan. Sy besef dat die
operasie glad nie die einde van die pad is nie. Inteendeel, dit is die begin
van ‘n heel nuwe pad wat hulle as gesin saam met klein Ethan sal moet loop. Die
enigste verskil is dat hulle ou seuntjie nie meer akuut siek sal wees nie, maar
nou sal dit ‘n chroniese siekte wees met baie probleme.
Sy
hoor ook dat geen mens besluit wie watter hart moet kry nie. Dit stel haar
nogal gerus, want sy het gewonder oor die moontlikheid dat daar ‘n hartjie is
en hulle moet kompeteer met ‘n vooraanstaande of bekende mens. Die rekenaar sif
die pasiente volgens sekere vereistes, byvoorbeeld hoe dringend die operasie
is, hoe lank die pasient al siek is, waar in die land die skenker en pasient
is, ensovoorts. Jy vind nie die geskikte hart nie, sê hulle. Die geskikte hart
vind die pasiënt.
Met
al hierdie inligting behoort sy eintlik gerus te voel, dan nie? Maar soms, net
soms, pak die paniek haar beet en kan sy haarself nie beheer nie. So betrap sy
haarself een aand dat sy ‘n vreeslike gebed bid; ‘n gebed waaroor sy glad nie
trots is nie.
“Liewe
Heer, U sien mos my kindjie hier langs my. U sien hoe vreeslik siek hy is. Waarom
help U ons dan nie? Waarom is dit nodig dat hy so ly? Waarom is daar nie iewers
‘n dronk bestuurder wat ‘n groot ongeluk veroorsaak sodat ons kindjie ‘n nuwe
hartjie kan kry nie? Vertel asseblief vir my waarom U dit nog nie gedoen het
nie, Here! Hoeveel maande moet ons nog wag?”
Sy
skrik haar morsdood vir haar eie woorde en vra dadelik dat Hy haar moet vergewe
vir haar onbesonne woorde. Sy durf nie weer vra dat ‘n ander gesin moet deur
pyn en lyding gaan net sodat haar klein Ethan kan lewe nie. Sy durf nie! Al wat
sy moet doen is om te wag en te hoop vir die Voorsiening.
Een
aand, so by tien uur, stap die dokter by die kamer in. Sy skrik baie groot,
want dit is glad nie ‘n normale ding om hom in die aand in die hospitaal te
sien nie. Behalwe natuurlik wanneer daar groot krisis is iewers.
“Mevrou,
kom ek en jy gaan drink ‘n koppie koffie hier langsaan in die kaffeteria.”
Sy
stap stom agter hom aan. Wat is nou aan die gang? Weet hy iets wat hy nie vir
haar wil vertel nie? Bewend gaan sit sy saam met hom by die tafeltjie met haar
koppie tee.
“Mevrou,
ons het ‘n hartjie gekry vir klein Ethan. As alles goed verloop, doen ons die
operasie later vannag of baie vroeg more-oggend.”
Die
verligting! Die vreugde! Maar die volgende oomblik oorval ‘n ontsettende groot
hartseer haar. “Liewe Here, wees asseblief met die gesin wat nou hulle ou
kindjie moet afstaan aan die dood.”
Teen
twaalf uur gee sy self haar grysblou babakindjie vir die suster wat hom kom
haal. Sy onthou dat sy hartseer was toe hulle die ander twee se mangels moes
uithaal en sy moes hulle teater toe laat gaan. Die gevoel in haar is egter nou
heeltemal anders. Dis asof sy wil sê: Hier is my siek kindjie, maak hom
asseblief vir my gesond. Sy weet dat hulle die hartjie vyf uur die oggend
verwag en tot dan moet sy bid. Ja, sy moet bid vir haar klein Ethan, maar ook
vir die gesin wat hulle babakindjie verloor. Here, help ons asseblief!
Die
hele nag sit sy en luister gespanne na ambulanse, helikopters op die hospitaal
se dak, nog ambulanse, personeel wat op en af beweeg... Hoe gaan die hartjie
hier kom? Of is dit dalk al hier? Sy weet dat die hartjie gehaal moet word en
dat daar groot voorbereidings is wat gedoen moet word en sy wag die wag van ‘n
desperate mamma.
Wat
sy nie geweet het nie, is dat die hartjie binne minder as vier ure in die
hospitaal was. Die siek hartjie kon toe eers verwyder word en vervang word met
die hartjie van iemand se liefkindjie wat vroeër vanaand gesterf het.
Uiteindelik,
‘n hele paar ure later, kon sy haar klein Ethan sien. Vir die eerste keer in sy
kort lewetjie het sy velletjie ook pienk geskyn soos ander babatjies s’n.
Vir
altyd en altyd sal sy daardie aand onthou toe sy gehoor dat haar liefkindjie ‘n
nuwe hartjie gaan kry. Maar vir altyd en altyd sal sy hartseer wees oor die groot
offer wat iemand anders moes maak sodat haar liefkindjie kon bly lewe.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking