Soms, net soms,
loop jy so iemand raak. Jy weet nie hoe dit werk nie, maar dit is net so –
sonder dat jy dit gevra het en sonder dat jy daarvoor gesoek het, is dit so.
Jy sien hierdie
persoon en jy weet bo alle twyfel! Jou siel en die siel van hierdie mens is
iewers in die wye heelal ineengestrengel om nooit weer los te kan gaan nie. Ja,
iewers in die blou heelal sweef hierdie twee siele soos twee vredesduiwe stil
langs mekaar. Hulle hoef nie te praat nie (kan siele dan praat?) want woorde is
nie eintlik nodig nie.
Eintlik ken
julle mekaar al dertig/veertig jaar, maar het dertig jaar laas mekaar gesien. Sy
klim uit die motor en julle gaan aan’t gesels so asof julle gister of vanoggend
nog laas gesels het. Julle groet nie met ‘n ‘hallo’ of wat ookal nie, want dis
nie nodig nie. Julle gaan bloot aan waar julle siele netnou ophou kommunikeer
het.
En dan, ‘n dag
of wat later, groet julle weer. Hierdie keer met die innige wete – hierdie was
nie die laaste keer nie. Maar, al sou ons nie weer sien nie, ons weet dat ons
weet – iewers daar bo...!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking