Ons
sit in ‘n groot kring. Dit is die laaste byeenkoms van ‘Gooi ‘n tantrum of nie’
vir hierdie jaar. Al die lede is vanaand teenwoordig. Almal sien uit na ‘n
heerlike vakansie, maar hier moet vanaand ‘n paar poppe gegooi word.
Die
woedende Martha spring sommer eerste op. “Goeienaand, ek is Martha en ek wil my
poppekar omgooi.”
Die
voorsitster trek haar asem skerp in. Soveel van banaliteit! En dit in die
afskeidsvergadering, nogal. Vanaand moes rustig verloop het. Almal was
veronderstel om met behae te kan terugkyk na ‘n jaar waarin hulle geleer het om
maar die ou poppies rustig in die ‘pram’ te los. Kyk nou hoe staan en ontwrig
Martha nou die hele vergadering!
Sy
spring regop en klap haar hande driftig. “Asseblief, Martha, hoe het ons dan
geleer moet ons maak? Kom, word nou rustig en sê agter my aan: Ek voel lus om
die ‘pram’ om te gooi, maar ek sal eers ‘n paar keer diep asemhaal en dan
liewer maar die poppe los waar hulle is.”
Maar
moenie glo nie. Die res van die vergadering luister nie eens na haar nie. Hulle
het lankal gewag vir ‘n kans om net ‘n slag te kan wys hoe hulle voel.
Martha
laat haar nie keer nie. “Soms, net soms, wil ek so graag my poppe uit die
‘pram’ uit gooi!”
Nou
bars pandemonium los tussen die lede van die vergadering. Vir ‘n hele jaar lank
moes hulle ewe suutjies vertel hoe kwaad hulle vir iemand was en hoe hulle die
drang na poppekar-gooi onderdruk het. Dan het almal hartlik hande geklap en
soet geglimlag.
Uiteindelik het hulle die kans om behoorlik te wys hoe hulle
voel.
Ina
Cantoni spring op met gebalde vuiste. “Gooi, sussie, gooi. Moenie dat iemand
jou keer nie!” Sy gaan sit met ‘n uitdagende glimlag in Mevrou die Voorsitster
se rigting.
Helena
Rhodes reageer meer bedees. “Ek voel ook soms so.”
Josie
Becker laat hoor van hom daar van heel agter in die saal. Hy was laat, maar hy
sien hier is ‘n lekker ding aan die kom. “Doen so!” skree hy.
Maretha
Bruwer staan op en gaan staan voor, langs Martha. “Ek doen dit soms. En soms is
ek spyt. Ander kere nie.”
Dina
Cilliers reageer rustig: “Dis ‘n baie goeie idee, Martha.”
Marlene
Loftie-Eaton Vollgraaff is reeds lekker opgewerk en reken sy moet haar stem
laat hoor voordat Mevrou die Voorsitster die hele storie stop. “Martha, moer
hulle!” skree sy. Die hele vergadering gee haar ‘n staande applous.
Maar
tussen die oproermakers is onse mooi vriendin, Esma Fourie. Sy kan nie sien dat
ons onsself so verloor nie. Sy probeer sagkens die vrede herwin. “Ag, ou
Marthakind...”
Mevrou
die Voorsitster het intussen ‘n sakdoekie met 4711 parfuum natgemaak. Sy vee
haar voorkop daarmee af en probeer dan weereens om die vergadering tot orde te
roep. Om te dink dat sy gereken het die jaar se klasse was suksesvol! Kyk nou
net wat gaan alles hier aan!
Walta Herron en Marie Szewzyk spring saam op. “En dan, wat stop jou?” wil die een
weet. Die ander een eggo: “Doen so!”
Dawid
Andries Reyneke staan op en hou sy hande in die lug. Hy vra ‘n oomblik se
stilte voordat hy sy opinie lug. “Asseblief, wag net eers tot ek op verlof is.”
Maar Elsabe Smith laat haar nou nie meer keer nie. "Mik maar na 'n oop venster met 'n nie breekbare pop, dit help soms om die poppe uit te gooi, want gewoonlik kan 'n mens dit self weer optel. Sterkte met die optel."
Adri du Toit staan met 'n groot glimlag op. Almal kan sien sy het nou 'n briljante idee en wag in spanning dat sy tot voor in die saal loop. "Weet jy wat ook lekker werk? Dis om saam met 'n 2 jarige kleinkind 'n lekker vloermoer te gooi! Jy voel stukke beter daarna."
Almal juig en klap hande vir Adri se wonderlike idee. Hulle gaan dit beslis in die toekoms probeer.
Annatjie Sandrock is meer prakties. Sy weet dat daar nagevolge is oor so 'n gooiery. "Doen dit, dis lekker. Die terugpak uiteindelik is nie so lekker nie, maar soms is dit nodig."
Hans de Ridder het baie op die hart. "Doen dit. Gooi sommer die tietiebottel ook agterna." Ja, dis 'n man met 'n hart hierdie! Hy verstaan hoe dit voel, sowaar.
Toe almal weer rustig is, is dit Patrys Marais Heunis se beurt. Sy kyk die lede van die vergadering stip aan en draai dan na Martha toe. "Doen dit net, miskien is dit hoog tyd. Partykeer moet 'n mens jou maniere vergeet. Dan word jy beter verstaan."
Intussen het Mevrou die Voorsitster die koffie en koek gaan haal. Almal is uitgewoed en almal het nou vrede.

Nee kyk suster duit was nou 'n vergadering uit die voorste gestoeltes! Knap gedaan!
AntwoordVee uit