Ek het kom hallo sê, my vriend …
Ek moes ... ek weet jy het
vir my gewag.
Daardie gevoel wat jy
ervaar wanneer jy ‘n vriend of vriendin na jare weer sien! Dis mos ‘n ding wat
hier in jou binneste soort van losgaan en jou hart so ‘n innige warmte laat
ervaar. Julle kyk vir mekaar en die jare tussen-in word asof dit nie bestaan
nie.
Die twee van julle kan
letterlik voortgaan met die laaste gesprek waarmee julle weke/maande/jare
gelede besig was. Dit is net nodig om een enkele woordjie te sê en albei bars
uit van die lag, of albei kry trane in die oë.
Dis net dat ek en hierdie
groot vriend van my glad nie in woorde met mekaar gesels nie. Ons harte hoor
mekaar s’n en dit is vir albei van ons genoeg. Ek luister die meeste van die
tyd, maar ek weet my vriend hoor my dankbare hart.
Ek kyk boontoe en
fluister: “Dankie, Heer, dat ek dit weereens kan beleef. U is werklik goed vir
my.”
Mis jou vriendin, nou nog meer as ooit
AntwoordVee uit