Ek sit en luister na almal wat groet op Mengelmoes. Die boere groet een-een ... elkeen met ‘n hartseer stem. “Dit gaan goed, maar ...”
Ek, kind van die Namib, kry die donker beeld van rooi duine, hier en daar ‘n pikswart graspol, uitgeteerde diere en hitte wat ‘mirages’ maak op die vlaktes. Ek ruik die droogte! Ek proe die droogte wrang op my tong ... en ek huil!
Ek is weer kind in die Namib-huisie. Pa is vroegdag veld toe – nie om lammers te gaan haal nie. Pa is veld toe om te gaan kop-af sny wat nie meer verder kan loop nie. Ma praat lankal ook nie meer nie. te gaan kop-af sny wat nie meer verder kan loop nie. Ma praat lankal ook nie meer nie.
Hoeveel?” vra Ma sag.
“Dertien,” antwoord Pa. Hy eet nie verder nie.
ns eet in stilte klaar. Pa sug en beduie na die Bybel op die kas.
Iemand staan op en gee dit aan.
Iemand staan op en gee dit aan.
Pa kug, sit sy oop hande weerskante van die Bybel op die tafel en begin lees.
Psalm 121 – Op pad.
1 ’N BEDEVAARTSLIED.
Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
2 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
4Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
5Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.
6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
7Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
8Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.

Ons vat hande ... ‘n gewoonte wat net maar altyd daar was in ons huis – as ons bid, vat ons hande. Met toe oë wag ons dat Pa moet bid.
Hy sit met geboë skouers – so moedeloos, so oorwonne en verslaan.
Hy kug weer. Met ‘n seker stem bid hy: “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp, ja Here, mý hulp, is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen.”
Hy kug weer. Met ‘n seker stem bid hy: “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp, ja Here, mý hulp, is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen.”
Toe Pa opstaan om buite toe te gaan, lyk hy opeens anders. Dit lyk kompleet of hy so pas baie goeie nuus gekry het. Is dit ‘n glimlag wat ek op sy gesig sien?
En ek weet: My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking