Dis laat-laat in
die aand en iemand deel die liedjie Vincent, dalk beter bekend as Starry,
starry night. Behalwe dat dit mos ‘n hartroerende mooi lied is, is dit so
al asof die woorde so ‘n soort van ‘n krapperigheid in die keel veroorsaak – so
al asof jy skielik so half moet kug-kug om die ou gemoed te kalmeer, sien.
Ek weet nie van
jou nie, maar al wat ek van Vincent van Gogh weet, is dat dit ‘n mal ou was wat
sy eie oor met ‘n lemmetjie afgesny het. Hmmm, wys jou nou net, ha? Die meeste
van ons het al daardie skildery met die woeste, donker lug met die helder oggendster
en die klein, gesellige huisies in die dorpie daaronder gesien – huisies wat nie
bestaan het nie, maar vir hom die prentjie voltooi het.
Vincent was op
daardie stadium in ‘n sielkundige inrigting om te (probeer) herstel van ‘n
sielkundige probleem. Hy was alleen en het niemand en niks gehad om hom
geselskap te hou nie. Selfs as hy buite die gebou wou gaan sit, moes ‘n chaperone
hom vergesel. Hy mag nie in sy kamer geskilder het nie en moes noodgedwonge
hierdie nagtelike prentjie skilder volgens dit wat hy onthou het.
Omdat hy daarvan
gehou het om die objek wat hy skilder, voor hom te hê, het hy nie veel meer
geskilder as wat hy deur die tralies van sy kamer kon sien nie. Hy het Starry
night soveel as 21 keer geskilder en het, tragies genoeg, die eindproduk as
‘n mislukking beleef. ‘n Jaar later het hy selfmoord gepleeg daar in sy sel.
‘n Alleensiel met
die begeerte na die warmte en liefde van ‘n tuiste ... ‘n afleiding wat ek maak
omdat hy die huisies geskilder het met lig wat warm daaruit skyn in die
donkerte van die nag.
‘n Mislukking in
sy eie oë, daarom het hy maar liewer ‘n einde aan sy lewe gemaak.
Ai, en vandag?
Vandag weet ‘n ieder en ‘n elk van daardie skildery wat hy so direk met die
buise verf op die doek geskilder het. Sou hy tog net miskien ‘n klein bietjie
meer van homself gedink het as hy dit kon beleef? Sou hy dalk, net miskien! ‘n
gelukkiger lewe gehad het as daar iemand op hierdie aardbodem was wat aandag en
liefde en waardering getoon het?
Dis nadat ek
Vincent se storie gelees het, wat ek maar net weereens besef het dat ek dalk,
miskien, per geluk, toevallig ... noem dit wat jy wil! iemand se lewe kan red
...
Net ‘n glimlag op
die mees onverwagte oomblik, of ‘n oproep, of ‘n kort boodskap (net om liefdes
ontwil nie ‘n prentjie wat ek forward nie!) kan dalk die wa deur die
drif sleep.
Maar weet jy wat?
Nog ‘n dag is verby en ek kon nie daardie voorneme van my gestand doen nie.
Now I understand
What you tried to say to me
And how you suffered for your sanity
And how you tried to set them free
They would not listen, they did not know how
Perhaps they'll listen now
What you tried to say to me
And how you suffered for your sanity
And how you tried to set them free
They would not listen, they did not know how
Perhaps they'll listen now
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking