“Ek soek na my penne, man!” kerm ek.
“Watter penne? Kyk, hier op jou tafel lĂȘ handevol penne. As
jy wil skryf, skryf met hierdie een of daardie een, of vat sommer die potlood.
Wat makeer hulle dat jy nie met hulle wil skryf nie?”
Ek sug lank en hard. Kan niemand dan verstaan dat ek nie
sommer enige ding kan gryp om mee te skryf nie? Kyk, elke tweede een se ink is
op, of die punt is gebreek, of die ding is pleinweg net nie meer bruikbaar nie.
Ek weet ook nie waarom ek nog nie elkeen van hulle gevat
en weggegooi het nie. Wat maak ‘n mens in elk geval met goed wat jy nie meer (kan)
gebruik nie?
Dalk is dit pure sentiment, of dalk ‘n soort van ‘n selfsugtigheid
wat my daarvan weerhou om die penne in die drom te gooi. Want, jy sien, die
klein bietjie twyfel is tog mos nog daar agter in my kop: wat van as een van
hulle net dalkies nog kan skryf? Wat van as ‘n wonderwerk gebeur en ek staan
een oggend op en almal van hulle is splinternuut en ek kan weer met hulle skryf
dat die spoeg so spat? Wat van? Wat van AS?
Nou los ek hulle eers doodstil daar op die tafel en ek loop so nou en dan daar verby en bekyk hulle en belowe hulle ...!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking